Lancewood TiPi Lodge
Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 7 Mei 2024 tot 13 Jun 2024.
- Kapasiteit: 15 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Assegai Rest Farm, Klaasvoogds-Wes, Robertson, 6705, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 070R803 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Lancewood TiPi Lodge is geleë op 'n plaas aan die voet van die Langeberge. Dit word omring deur lieflike landerye en spog met pragtige berguitsigte. Assegai Rest Farm is in die prentjiemooi Klaasvoogdsvallei, heerlik privaat en afgeleë, wat dit ideaal maak vir rus en ontspan. Dit is baie na aan die dorpie Robertson wat heelwat doendinge, pragtige wynlande en heerlike restaurante bied.
Verblyf is beskikbaar in 3 Tipi-kampe:
Paws TiPi is 'n tipi-tent met slaapplek vir 5 gaste. Dit beskik oor 'n dubbelbed, slaapbank vir 'n kind, enkelbed, tafel en stoele. Daar is ook 'n tipi-tent met slaapplek vir 4 gaste, met 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens. Daar is dus altesaam slaapplek vir 8 tot 9 gaste by Paws-TiPi. Hierdie tentekamp word eksklusief aan 'n groep verhuur en bied dus privaatheid. Daar is 'n stort-area met 'n oop dak by dié tipi-kamp, asook 'n kort paadjie na die badkamers, elke kamp het 'n eie badkamer.
Magic TiPi-tent het slaapplek vir 5 gaste en beskik oor 'n dubbelbed, 3 enkelbeddens of 2 dubbelbeddens en 'n enkelbed, 'n tafel en stoele. Die badkamerblokke is 'n kort entjie se stap vanaf die kamp. Elke tent het 2 badkamers met 'n toilet en 'n stort.
Die derde eenheid is die ekslusiewe Noy Noy TiPi wat ideaal is vir 'n romantiese wegbreek aangesien dit baie privaat is. Daar is 'n dubbelbed, rusbank, tafel en stoele, asook 'n skaduryke houtdek met hangmatte. Noy Noy-kamp is nie vir kinders geskik nie. Daar is 'n stort-area met 'n oop dak by dié tipi-kamp, asook 'n kort paadjie na die badkamers, elke kamp het sy eie badkamer.
Die kampe het nie 220 Volt-elektrisiteit nie en selfoonontvangs is beperk. Die verblyf is onafhanklik van die tradisionele kragnetwerk en maak gebruik van sonligte en gasgeisers. Daar is geen WiFi nie.
Die Lancewood TiPi Lodge by Assegai is werklik 'n unieke ervaring wat gehaltetyd in die natuur, sonder swaar kampgereedskap of die moeite van tent opslaan waarborg.
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Jackie Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 35
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Assegai Rest Farm, Klaasvoogds-Wes, Robertson, 6705, Wes-Kaap
- Gaste dink Lancewood TiPi Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Kaapse Wynlande Wes-Kaap
- Kapasiteit: 15 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Assegai Rest Farm, Klaasvoogds-Wes, Robertson, 6705, Wes-Kaap